Die Voldane Venters
88. Dubbeldik Die tweede been van ons SA-kuier het aangebreek, en kom ons wees eerlik – wat is meer Desember as ‘n kampvakansie? Ek het grootgeword met hierdie gebruik en self so tradisie voortgesit: ATKV Drakensville, jaar na jaar. Kamp is soos die skool vir jou siel – dit leer jou dinge soos hoe om rustig te bly terwyl jou opblaasmatras jou stadig maar seker verraai, en hoe om jou beste glimlag te hou terwyl kinders op skopfietsies en pienk popwaentjies ses-uur die oggend deur die kamp op en af jaag, en hoe om te dans wanneer dit stormreën en jy moet die tent help anker met ‘n handoek op jou kop. Dis eienskappe wat jy by ‘n kampmeisie kan uitken bo ‘n strandhuismeisie. ‘n Kampmeisie het ‘n hoër verdraagsaamheid vir ‘n rumoer en chaos. Haar geduld en kapasiteit vir kalmte, is onmeetbaar in Desembers. Haar oogknik, is alleen die kampgeld werd. Lisa is ‘n kampmeisie. Daar is ‘n paar klanke wat elke kamp definieer. Soos die skril “kling-klang” van tentpale wat óf ...