Die Venter Verkleurmannetjies
4. Ietsie-bietsie-teeny-weenie
Nou ja…
byna nog n week is verby.
Lisa het
agtergekom dat ”Karkoop nie dieselfde as Perdekoop is nie”. Ek het nog nooit 'n
perd gekoop nie, maar as Clint Eastwood al sy merries moes uitsoek soos ek
karre uitgesoek het die laaste tyd, sou “The Good, The Bad and The Ugly” nou
nog nie op Netflix gewys het. Wat 'n proses... Genugtig….Hou ons posts dop vir
die verwikkelinge. Al wat ek kan sê is….dit is nie 'n Diesel- of Swartkar nie.
Gepraat van
die ryery aan die verkeerde kant van die pad…ek het my 'n paar keer in 'n
“gentleman’s” posisie in-ge-manoeuvre . Taamlik affentoe maak ek die deur van
die kar oop en dan sien ek die stuurwiel is weg. My beste move is maar om net
die deur oop te hou tot Lisa kom. Ek gaan nie my fout erken nie….ek was mos
intensioneel met die deur.
Ons Ventertjies
was Hourtin Plage toe laasweek. Ons het gehoor van 'n klompie Suid-Afrikaners
wat die laaste paar jaar elke Augustus van Engeland af reis om daar te gaan
kamp. 1200km vêr. Toevallig ken ons die een paartjie goed
en ons besluit om te gaan kuier. Hierdie vakansiedorpie trek 'n spul Britte,
Duitsers en Franse elke jaar (kriek-kriek) . Wanneer laas het jy gehoor van ‘n klomp Britte
en Duitsers wat mekaar in Frankryk ontmoet? Nou die Franse is beheb met
#Speedo-styfpassende-stukkie-Faf-broekies vir mans. Hulle het selfs 'n wet
ingestel wat dit verpligte swemdrag maak by publieke swembaddens. Ek wou nie
nog 'n oorlog in Europa aanhits nie, en het toe maar besluit ( teen my sin ) om
te maak asof ek in Rome is... Toe trek ek soos die Franse
aan. Lisa kon haar lag nie inhou nie. Die mense het gedink ek het die
vriendelikste vrou. Sy lag nou nog daaroor.
Voor ek totsiens sê moet ek noem dat die
muskiete hier, is iets vreesliks. Sulke lui vettes en as jy dit regkry om een
raak te klap, dan lyk dit asof jy gekwes is….net bloed waar jy kyk. Jos het 'n liedjie geskryf vir die
muskiete op Justin Bieber se hit song. ‘’Dêrs-mosquitos, they eat me like
Doritos, watch out for your big toes….Dêrs-mosquitos”
Groetnis/ Salutations
Die Venter Verkleurmannetjies
Comments
Post a Comment