Die Verstomde Venters
25. Huis paleis
Ons sneeuvakansie het ons effe duurder
uitgewerk as wat ons gehoop het. Ons het DRIE boetekaartjies gekry vir spoed.
Drie kaartjies van 45 euros elk. Hierdie Franse vat nie nonsens nie…hulle vat
jou geld. Ek moet eers
‘n paar dinge duideliker stel…. ONS het drie boetekaartjies gekry! Ek het nou
wel bestuur maar aangesien ons in ‘n semi-sosialistiese stelsel gedompel is,
moet almal proporsioneel bydra tot hierdie uitgawe….dus het Lisa en Jos ook ‘n
boete gekry. Dis hulle skuld ook. Die stelsel werk so….aangesien hulle minder
(of selfs geen) geld verdien, moet dit proporsioneel aangepas word tot hul
inkomste. Jos verdien net sakgeld en is minderjarig….dit tel nie. Lisa verdien
geen salaris…so op die Franse se boeke…is sy werkloos. Ek gaan moet uitvind of
sy nie kwalifiseer vir 'n " grant " nie. Ek verdien wel die
salaris…dus moet ek meeste van die boete delg…proporsioneel tot my
inkomste….maar in ons huwelik is my geld…ons geld. So ek betaal Lisa se deel
ook. Dis ‘n masiewe dilemma! Dus, het ek drie boetes gekry. Die punt is, hulle
weet presies waar om daai kameras neer te sit en niks stop hulle om vir jou ‘n
briefie te stuur nie. Hulle weet waar jy bly en die posdiens is verskriklik
betroubaar. Weereens…ek het nie vining gery nie…ek was net te traag om my voet van
die pedaal af te lig toe ons die dorpies genader het.
Meer as
agtien jaar terug het ek en Lisa ‘n twee slaapkamerhuisie gekoop in Highveld
Centurion. Dit was ons eerste nessie wat ons geskrop het. Lekker klein, naby
die kerk, hoofweë en winkels…presies wat ‘n jong pasgetroude paartjie nodig
het. Later het spasie begin druk en ons moes groter gaan…Jos het verskyn en ons
het nog groter gegaan. Nou is ‘n huisie naby aan die skool meer beskore. Dis
dié dat ons in Wierdapark opgeëindig het…net 200 meter van die skool
(padlangs). Ons bly nou in Carbon Blanc…een van die buitewyke van Bordeaux. Ons
bly in ‘n piepklein twee slaapkamer woonstelletjie…ideaal vir ‘n jong
pasgetroude paartjie. Die probleem is…ons is nie meer pas getroud nie…en ook
nie net twee nie. Hierdie is darem net tydelik…’n tydelike beknoptheid WANT …in
raps meer as ‘n week trek ons in ons NUWE huis in. Naby die winkels, hoofweë,
publieke vervoer maar ook net 550 meter van die skool af. Ons gaan in Fredéric
Chopin straat bly…in ‘n regte Wierdaparkhuisie. Een met ‘n stoep, ‘n garage, ‘n
kaggel en baie slaapplek (wink-wink)….en solank ons kan braai. Die huis spog
ook met ‘n lekker groentetuin....tamaties, boontjies, pampoen en wortels. Ek
hoop Lisa se vingers is groen want op die oomblik is haar naels pienk.
Om so 'n
effense “ spin ” op hierdie gebeurtenis te sit….Ons kon ons meubels hiernatoe
trek, ons kon ‘n bankrekening oopmaak, ‘n kar koop en registreer.... pas
probléme . Ons betaal belasting, het ‘n “ social security ” nommer en het reeds
die groen “ carte vitale ” waarmee ons na enige hospitaal toe kan gaan... pas
probléme . Ons kon ‘n lening kry en ‘n huis koop… pas
probléme. Dit ALS sonder ‘n “titre de sejour" of verblyfpermit….en ons het
dit nog steeds nie.... probléme. Ons weet nie wat die Here vir ons inhou nie
maar dit gaan baie interessant raak hierdie week. As ons nie teen Donderdag (op
my verjaarsdag) ‘n verlenging van ons reeds verlengde visa- of ons
verblyfpermit kry nie…mag ek teen Vrydagoggend nie opdaag vir werk nie. Ons is
in Sy hande en ons vertrou vir uitkoms.
Groetnis/ Salutations
Die Verstomde Venters
Comments
Post a Comment