Die Flinke Venters
29. Tour de Frans
My eerste fiets, wat
ek kon onthou, was ‘n Chopper…ek was seker net vyf jaar oud. My pa het hom by
Shorty gekoop. Shorty was ‘n tuinman in ons buurt daardie jare…ons weet nie wat
sy regte naam was nie…maar hy was ‘n kort outjie. ‘n Chopper-fiets het ‘n saal
met 'n rugleuning gehad, 'n groot wiel agter, ‘n kleintjie voor en sulke hoë
handles. Hy het drie ratte gehad wat ek sommer tussen my bene kon verander…ek
dink nie ek het dit ooit gebruik nie. Hierdie een se remme was styf. Ek onthou
hoe ek een oggend sommer regdeur die padpatrollie-borde gery toe ek nie betyds
kon stop nie. Hierdie was my vervoermiddel skooltoe en wat ek gebruik het om my
take te doen wat bygedra het tot ons huishouding. Ek het tydskrifte (Die
Huisgenoot en ander) en koerante (Die Transvaler) afgelewer met hierdie fiets
sodoende, dat ek ‘n paar jaar later vir my ‘n splinternuwe ligteblou Bomber kon
koop. Een met drie ratte wat ek met my duim kon “flick”. Ongelukkig was hierdie
fiets nog effe te groot vir my…amper soos daai rugbytoks wat my ma vir my in
standard ses gekoop het, wat eers in matriek gepas het. Jip…en toe het my pa
hierdie fiets se rat-flicker met draad vasgebind sodat ek net in een rat kon
ry. Seker sodat ek nie al drie gelyk deur my alie trek nie. Hierdie Bomber het
my deur die res van my laerskool loopbaan getrou geneem waar ek wou gaan. Van A
na B. Later het ek sommer self daai draad afgenip. Dis toe dat ’n nuwe wêreld
van spoed het vir my oopgebreek het.
Een jaar, gedurende
die Valentynsweek nogal, het ek Lisa gebel om te hoor hoe lank sy is. Ons was
pas getroud (18 jaar terug). Sy was so opgewonde. “Wat as Attie vir my ‘n
pragtige rokkie koop vir Valentynsdag…wat as hy my erns deftigs heen vat vir ‘n
romantiese aandjie uit” het sy gewonder. Wel, hierdie romantikus het daai toets
gepluk…ek was meer van ‘n vooruit-denker…’n siener…’n strateeg. ‘n Onromantiese
strateeg op daai stadium, bygesê. Ek het vir haar ‘n fiets gekoop. 'n Fiets wat
sy kon trap terwyl ek draf. Prakties né? Ek het ook so gedink. Lisa se weergawe
is baie meer dramaties…ek weet nie hoekom nie maar jare later…gedurende die
einste Valentynsweek in Carbon Blanc... trap Lisa hierdié einste fiets (want
haar knieg herstel nog) terwyl ek draf. 'n Siener sê ek julle!
Ons bly nou verder van
die skool af as wat ons in Wierdapark gebly het. Ons het eintlik so naby aan
die skool gebly dat Jos sommer oor die muur geklim het skool toe…totdat die
juffrou gevra het dat ons dit liefs nie moet doen nie. Dit
het beteken dat ons drie minute vroëer moes opstaan en die etlike lange 200
meter padlangs skooltoe moes aandurf…te voet. Asof dit nie naby genoeg aan die skool was nie…het Jos in 2020 begin
tuisonderig ontvang... by Lisa nogal. Hy het basies in sy skool geslaap. Jos
hoef nooit skooltoe met ‘n fiets te gery het nie. Fietsry was vir sport(s) of
speel. Nie vir vervoer nie…dit was te onveilig die laaste paar jare. Dis jammer…maar
aan hierdie kant van die ewenaar in Carbon Blanc, Frankryk…is dit jou wiele.
Dis dit of die bus...okei...die tram ook. Die mense hier is nie bang vir rëen
nie. Hulle het jassies en pakkies vir alles wat teen die rëen beskud moet
word…en dan ry hul werk toe, winkel toe en bakkery toe. Vandag se e-bikes
(help-my-trap) is so vining, dat dit al hoe meer die plek van die motorkar of
selfs die “Grève”-bedreigde-publiekevervoer begin vervang het. Jos, aan die
anderkant, moet die 700meter met sy self-trap-fiets aanpak elke oggend skool
toe. Hy is eintlik heel gemaklik met die rëeling…dit dra by tot sy
onafhanklikheid…sy vryheid. Dis sy wiele!
Dis om hierdie rede
dat ek seker gemaak het dat al ons fietse padwaardig en reg is om gebruik te
word kort na hulle afgelaai is. Ek het die sporttrappe vervang met alledaagse
trappe. As ons meer viets wil raak, gaan ons moet meer fietsry... en dit moet
maklik wees. Een van die skofte van die Tour de France
gaan juis deur Libourne… ’n dorpie net
langs ons. Dit is hoog op ons Julie-lysie en ons gaan dit defnitief
bywoon...per fiets.
Ek het my verblyf permit Maandag gekry en nou
is dit Lisa se beurt. Sommer uit
die staanspoor het ons gesukkel met haar aansoek omdat haar visa ook reeds
verval het. Die Franse administrasie se torre dop om sodra
iets buite die rëels is en dan moet ons eers spesiale oproepe en aansoeke
indien. So..die geveg duur voort.
Met my permit kan ek wel begin reis en my maatskappy is vreeslik opgewonde dat
ek my voete weer in Afrika gaan sit. Verwagtinge is groot!
Groetnis/ Salutations
Die Flinke Venters
Comments
Post a Comment