Die Verstaanbare Venters
31. Groenmamba
Dis 3:30
Maandagoggend en die wekker langs my bed begin te piep...Piep...PIEP! Dis
opstaantyd vir my eerste vlug na Afrika sedert Junie laasjaar. Dis 'n vroeë
vlug uit Bordeaux na Kilimanjaro lughawe via Amsterdam. Ek en Johannesburg
Internasionale lughawe was taamlike goeie vrinne. Ek het sy geite en sy kultuur
verstaan. Sy shortcuts, sy scanners en sy mense was bekend aan my. Schipol is
'n splinternuwe hawe waar ek die inns and outs eers moet leer ken. Die vlug na
Kilimanjaro is nie 'n vliegtuig vol besigheidsmense nie....dis vol
toeriste...almal oppad Serengeti toe of om Kili te gaan klim. Dis Amerikaners,
Dene, Noorweërs, Finne, Duitsers, Spanjaarde, Franse...en een Suid Afrikaner op
daardie vlug. Met vet rugsakke, fancy stapskoene en -stokkies, strooihoedjies
en luiperdvel serpies, hoor jy die ge-twang van die Amerikaners: "We're
going on a safari...oh my gawhd." Daar aangekom pak hierdie klomp witmense
daai immigrasietoue propvol. Elkeen se visa moet eers bevestig word of betaal
word...en dit vat tyd. Saam in die tou, staan ek...ek en my Groenmamba. Ek kort
net 'n stempel...ons is mos pêlle met die Tanzaniërs. "Jambo officer"
roep ek een man nader en wys hom my paspoort. "I just need a stamp
sir" pleit ek met die hoop dat daar erns 'n vinniger opsie of ry is. Dit
was tervergeefs...'n uur en 'n half later is ek eers daardeur. Buite staan daar
net safari-bussies en Land Cruisers geparkeer. Dis Tanzanië se brood en
botter...of eerder hul " nyama choma".
Saterdagoggend
land ek weer in Amsterdam en moet opnuut deur die passpoortbeheer gaan. Hier is
die toue ook 'n uur en 'n half lank. Ek is seker ek hoef nie tweekeer deur
hierdie lyding te gaan nie. Weereens vra ek 'n immigrasiedame of hierdie
kaartjie (my splinternuwe Franse verblyfpermit) nie dalk in 'n ander ry hoort
nie. So vinnig as wat jy kon sê "kaaskop" is ek deur immigrasie en
oppad om 'n lekker cuppachino op te spoor.
Saterdag was nat en koel en Lisa het ons
bederf met egte tuisgemaakte hamburgers. Self-gebakte buns en patties nogal.
Ons
verstaan ook al hoe meer wat die Pastoor preek in die kerk op sondae...veral as
jy in die voorste ry moes sit. Na die tyd is dit koffietyd en ons wou onsself
voorstel aan die verwelkomingskommitee. "Bonjour"...groet
ek. "Je voudrais deux tasses de chocolat chaud s'il vous plait". Ek is seker...ek het dit reg gesê en
ek is seker dit het goed geklink. Dadelik vra die man agter die tafel:
"where do you come from?" Genade...rêrig? Is dit my aksent? Is dit
die spoed waarteen ek praat? Staan daar: "PRAAT ENGELS TERUG" teen my
voorkop geskryf? Kommaan ou... seriously . Hulle is dalk net nice.
Groetnis/
Salutations
Die
Verstaanbare Venters
Comments
Post a Comment