Die Veelsydige Venters

 

2.       Bakkies

Saterdag was 'n interessante en leersame dag vir die Franse Venters. Vreeslik baie dinge wys geraak.

 

Ek het besef dat "speel" 'n universele taal is...almal verstaan mekaar wanneer hulle speel. Of dit Lego, TV games, fietsry, ping pong of selfs wegkruipertjie is...die resultaat is altyd 'n gelag en 'n gejuig. Jos se YouTube English het oornag verander in Frenglish. Ek het besluit ek gaan die Franse taal 'n naam gee...'n persoonlikheid. Hy het 'n karakter van sy eie en ek moet hom leer ken. So...vir alle praktiese doeleindes gaan ek nou begin verwys na BAKKIES.

 

Hier het ons die besluit geneem dat dit beter is dat ek en Bakkies nie in 'n geveg betrokke raak nie. Hy is maar 'n moeilike ou om mee saam te leef...en Bakkies voel 'n absolute veer vir my houding. Hy bepaal die mood by die party...hy kan nogal 'n frieken buffel wees as hy die dag lus is.

 

Die skool begin binnekort. Ek het ook tot die afleiding gekom dat Bakkies nie sommer vir Jos gaan manipuleer nie. Jos het 'n manier om die Bakkies-e van die wereld om sy pinkie te draai...maar die grootste uitdagings wat die Bakkies-skool gaan face...is hierdie kaalvoetklonkie van Centurion. Skoene is nie op sy radar nie. Hy kan nie verstaan hoekom al die ander mense in die winkel skoene wil dra nie.

 

Lisa het begin bestuur. Haar linker-brein het nou soveel oefening gekry....ek is hoopvol dat ek al die tyd met 'n genius getroud was en die feit dat sy aan die ander kant van die pad moet ry die laaste update wat sy nodig gehad het om te transform in 'n super-sexy-super-slim superhero...ek hou jul op hoogte van haar Super Status.

 

Groetnis/ Salutations

 

Die Veelsydige Venters

Comments

Popular Posts