Die Verblafte Venters
3. Brakdeaux
Nou toe...die ervaringe rol in by die dag.
Mathieu,
ons gasheer, haal sy beste resepte uit....asof hy ons nog wil impress. Van
gebakte forel tot quiche, van mexican ribs en ingelegde groenboontjies tot
brioche. Dit is heerlik maar nie eintlik gepas vir die kinderagtige pallet van
'n 10jarige nie. Jos het ook elke maaltyd diep bekyk, so klein suggie gegee en
dan sy hande saam gevou en saggies gebid, "Ag Here...help my om hierdie
kos af te kry"...en dan stop hy daai kieste vol en begin sommer dadelik sy
bord afdek, net ingeval hy gevra word of hy nog wil hê. Later sal die
stemmetjies uit die kombuis hom roep...en so verdwyn 'n perske, 'n vienna of 'n
jelly-baby een na die ander.
Ons Ventertjies het ook besluit om na die
Plage de Lac in Bordeaux gegaan. Net voor ons by die hek in is bulder Jos, sommer so binnemonds asof
iemand sy lippe gaan lees...."Act Frans...ACT NET FRANS!". Vir 'n
ommblik is ek en Lisa verward...want hoe lyk dit? Hoe "Act" 'n mens
"Frans"? Ons vra hom toe...wel..."Jy maak asof jy als verstaan
wat hulle sê en jy hou jou plakkies aan".
Net soos
die Vrystaat die teelplaas vir ons Springbokke is, so is Brakpan die teelhok
vir Suid Afrika se honde (of is dit?). In SA word daai honde met 'n redelike
vlak van paraatheid geteel. Hulle is sommer klaar agterdogtig. In Centurion het
ons 'n Engelse Bullterrier gehad (nou by Familie) en sy het gewoonlik soos 'n
skouperd na ons hek toe galop en geblaf. Ek is seker ek kan BLAF praat. Enige
Suid Afrikaner eintlik...maar as ek Jessie se BLAF moes vertaal dan was dit:
" Wies-da..Wies-da..sek.SEK...ek watch jou!! "..en dit doen sy so
paar keer 'n dag. Nou Jessie is nie 'n slim hond nie...eintlik so medium-dom
(soos Jos sal sê)...en sy ken ook net een command en dit is "BUITE!".
Buite beteken die teenoorgestelde as wat sy gedink het om nou te doen. In Frankryk,
is daar nie Engelse brakke nie. Dadelik verwag ek dan 'n hoër Brak-IQ, maar die
brakke hier is net te- " calme ". Blaf skaars. Al wat ek hoor as ek
naby hul verby draf is: "Uuughhhrr"...en dan is dit asof hulle
opgee...die oomblik van kommunikasie is verby...hulle gaan geen poging aan wend
om agter jou aan te skree nie!?. Ek dink eerder dis omdat hierdie honde eers moet
uitwerk of dit La - of Le - Woef moet wees.
Almal gaan
stap wel met hul brakkies...van groot tot klein. Dié Franse blafbase hou nie daarvan
om poef in hul eie yard op te tel nie. Daarom neem hul dit elders. Jy moet
omtrent 'n pirouette en 'n semi-Plié (plee ay) kan doen net om in die buurt of
parkie te gaan draf.
Groetnis/ Salutations
Die Verblafte Venters
Comments
Post a Comment