Die Vlieënde Venters
1. Wegspring
Nou
ja...ons journey het begin. Hierdie was n baie emosionele tyd vir hierdie 3
Venters gewees....uitputtent eintlik maar hier is ons nou...in 7 rue Ausone,
Carbon Blanc op die buite wyke van Bordeaux.
Woendagmiddag
by die lughawe aangekom was ons mission om so spoedig moontlik ons pakkaas in
daai vliegtuig in te druk...met die hoop dat niemand ons tasse met al ons
chocolates, nougat, extra medikasie of liquids sal wil check nie. Hulle het ook
nie.
So laaste
draaitjie by n winkel of twee na ons deur immigrasie is, om vir Lisa in
Springbokhempie en vir my 'n ligte K-Way baadjie te koop. Ek het gehoor...die
enigste manier om n Saffa oorsee uit te ken, is as hul 'n Springbok op hul bors
dra...of 'n K-Way baadjie. Ons het nou beide.
Ons het
dadelik soos eerste-wêreld reisigers gevoel toe Jos nie gou genoeg by die
"lounge" kon uitkom nie. Genade... het ons hom so erg bederf?!
Flapjacks en lemoensap op sy spyskaart.
Uiteindelik
in ons sitplekke...en 'n paar uur in die vlug...voel Jos hy wil "Mark"
roep soos 'n wafferse heelagter na 'n Faf de Klerk up-&-under...maar Jos sin
word in die toiletbak geroep....maaaarrrkk! Twee keer nogal. Die Motion Mark
het hom bietjie gepak.
Aangekom in
Parys....se "lounge"....het ons soos 3 nuwe euro sente gevoel toe ons
kon gaan stort en poeier (sss) het. Ons is 'n uur later uit Parys weg en al
ons 8 tasse wat ons ingecheck het, het
hier aangekom...Al was dit die laaste 8 op daai vervoerband.
Mathieu het
ons 'n helde ontvangs gegee en ons het die meeste bagasie in sy Peugeot gepas.
Jos het eerder saam met hom gery want hy het besef dit is die vinnigste roete
na Mathieu se bekende aarbeiroomyse toe....en natuurlik 'n hele bak vol
appelkose. Ek vermoed Jos gaan vanaand vir Borris Shitsowich roep...
Ek en Lisa
het besluit ons moet probeer 'n kar huur wat ons moonlik gaan wil koop...'n kar
wat sal aard by die Franse toestande, 'n kar wat min Franse petrol drink, 'n kar
wat Frans en Afrikaans verstaan.....toe huur ons maar 'n Toyota Corolla.
Vanaand
gaan ons beplan...ons het baie planne. Ons sal jul binnekort meer van dit vertel. Tot dan...
Groetnis/ Salutations
Die Vlieënde Venters
Comments
Post a Comment